Dinsdae met Micha & Kie
Die Heilige Gees plaas 'n honger in elkeen van ons om nader aan God te beweeg, en hoe anders as om in die Woord van God in te klim en dan die swaard van die Gees te kan opneem om siele te wen. Wat 'n voorreg om 'onnies soos Micha, Dr Chuck, John, Elmien, Nicolette en vele meer te hê wat ons leer met hulle eie unieke metode.
Aanvanklik was die leermetode 'n gewoond-word proses, aangesien ek die Bybel vir pitkos gebruik het in plaas daarvan om dit te bestudeer. Om een hele Bybelboek te lees verg nogal deursettingsvermoë, ek praat nou nie van die 'Philemon's nie, maar van die langes soos 'Deuteronomy'. By die deeltydse Bybelkollege is daar nie tyd om ge'spoonfeed' te word nie en voel dit soms soos 'n mallemeule rit. Selfstudie, die lesings en notas help om 'n mens op die regte pad te hou.
Dit is vir my asof die Woord my ingesuig het. God se genade en liefde vir ons roep so duidelik uit die Woord uit. 'Enjoy the ride'.